Tuisblad

Welkom by Wikipedia,
Dinsdag, 19 Mei 2026
Hier is tans 129 027 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Die Suid-Afrikaanse Shaun Pollock boul na die Australiese Michael Hussey tydens die Welwillendheidsdag 2005 op die Melbourne-krieketveld.

Krieket is ’n boul-en-kolf-sport wat gespeel word tussen twee spanne met elf spelers elk op ’n krieketveld met ’n 22-jaart-kolfblad (20 meter) in die middel met ’n paaltjie aan weerskante wat bestaan uit twee dwarsbalkies op drie paaltjies. Twee spelers van die kolfspan, die aktiewe en onaktiewe kolwer, staan elk met ’n kolf in hulle hande voor elke paaltjie, terwyl ’n speler van die veldwerkspan, die bouler, die bal van die teenoorliggende kant van die kolfblad na die aktiewe kolwer se paaltjie boul. Die aktiewe kolwer probeer die geboulde bal met sy kolf slaan en ruil dan sy plek met die onaktiewe kolwer om, waarby die kolfspan met elkeen van dié bewegings ’n lopie aanteken. Lopies word ook aangeteken wanneer die bal die veldgrens raak of wanneer die bal onwettig geboul word.

Die veldwerkerspan probeer lopies voorkom deur die kolwers uit te skakel (hulle is “uit”, hulle het hul paaltjies verloor). ’n Uitskakeling kan op verskeie maniere behaal word, waaronder uitgeboul, wanneer ’n geboulde bal ’n paaltjie tref en die dwarsbalkies afval, wanneer die veldwerkspan ’n geslane bal vang voordat dit die grond raak, of om ’n paaltjie met ’n bal te tref voordat ’n kolwer sy kolfkampie voor die paaltjie bereik het om ’n lopie aan te teken. Sodra tien kolwers uitgeskakel is, eindig die kolfbeurt en die spanne verander van rolle. Krieketformate sluit in tradisionele toetswedstryde wat oor vyf dae gespeel word, internasionale eendagwedstryde (EDI) oor 50 boulbeurte oftewel een dag, tot Twintig20 (T20), met elke span wat vir 20 boulbeurte kolf (elke boulbeurt bestaan uit ses wettiglik geboulde balle wat die kolfspan die geleentheid bied om lopies aan te teken) en ’n wedstryd wat gewoonlik drie uur neem.

Tradisioneel speel krieketspelers in ’n volledige wit uitrusting, maar in kleiner formate dra hulle klub- of spankleure. Bykomend tot die gewone uitrusting dra sommige spelers beskermende uitrusting om moontlike beserings te verhoed deur die bal, ’n harde, soliede sferoïed, gemaak van saamgeperste leer met ’n effens verhewe toegewerkte naat uit ’n styf gewikkelde tou wat ’n kurkkern omsluit. Die wedstryd word deur twee skeidsregters beheer, ondersteun deur ’n derde skeidsregter en ’n wedstrydbeampte in internasionale wedstryde.

Die vroegste bekende verwysing na krieket dateer uit die middel-16de eeu in Suidoos-Engeland. Dit het met die uitbreiding van die Britse Ryk wêreldwyd versprei, met die eerste internasionale wedstryde wat in die tweede helfte van die 19de eeu gespeel is. Die sport se beheerliggaam is die Internasionale Krieketraad (IKR), wat in 1909 gestig is en nou meer as ’n 100 lede het, waarvan twaalf volle lede toetswedstryde mag speel. Die speelreëls, die krieketwette, word deur die Marylebone-krieketklub (MKK) in Londen behartig. Die sport is veral in Suid-Asië, Australasië, die Verenigde Koninkryk, Suider-Afrika en Wes-Indië gewild. Krieketwêreldbekertoernooie is van die gewildste sportkompetisies wêreldwyd en word in die EDI-vorm gespeel, maar ook T20I-wêreldbekertoernooie en Kampioenetrofeë geniet ’n groot ondersteuning. Hoewel krieket in die verlede veral deur mans beoefen is, het vrouekrieket in die 21ste eeu aansienlik gegroei.

...lees verder

In die nuus
Geordin Hill-Lewis in 2023
Geordin Hill-Lewis in 2023

Het u geweet...

... dat daar sowat 350 000 Han-Chinese in Suid-Afrika woon? Die meeste van hulle is in Johannesburg en praat Chinese tale soos Mandaryns en Hakka.

... dat die Toepolef Tu-144 van die Sowjetunie die eerste supersoniese passasiersvliegtuig ter wêreld was? Die eerste toetsvlug het op 31 Desember 1968 plaasgevind, enkele maande voordat die Frans-Britse Concorde vir die eerste keer opgestyg het.

... dat die Russiese komponis Dmitri Sjostakovitsj die DSCH- musikale motief gebruik het om homself in musieknote voor te stel?

... dat Ellen Johnson-Sirleaf die eerste vroulike president van 'n Afrika-land is? Sy is as president van Liberië ingehuldig op 16 Januarie 2006. Op 9 November 2011 is sy vir 'n tweede ampstermyn gekies.

... dat die Namibiër Rudie van Vuuren die eerste (en enigste) man is wat in dieselfde jaar in twee sportsoorte, krieket en rugby, aan 'n wêreldbekertoernooi deelgeneem het? Hy het sy land tydens beide die Krieketwêreldbeker 2003 en die Rugbywêreldbeker 2003 verteenwoordig.

Vandag in die geskiedenis

19 Mei: Herdenking van Atatürk, Jeug- en Sportdag in Turkye (1919); Geboortedag van Hồ Chí Minh in Viëtnam.

Mars 2
Mars 2

Voorbladbeeld
'n Jaguarwyfie (Panthera onca) in die Brasiliaanse deelstaat Mato Grosso.
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering
Taal