Tuisblad

Welkom by Wikipedia,
Donderdag, 14 Mei 2026
Hier is tans 128 946 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Die Hetitiese Ryk omstreeks 1400 v.C. in blou.

Die Hetiete of Hittiete was 'n Anatoliese Indo-Europese volk wat in die Bronstydperk een van die eerste groot beskawings in Wes-Asië gevorm het. Hulle het waarskynlik van oorkant die Swartsee gekom en hulle in die vroeë 2de millennium v.C. in die hedendaagse Turkye gevestig.

Hulle het 'n reeks state in Noordsentraal-Anatolië gevestig, insluitende die koninkryk Koessara (voor 1750 v.C.), die Kanesj- of Nesja-koninkryk (omstreeks 1750-1650 v.C.) en 'n ryk wat om Hattoesa gesentreer was (omstreeks 1650 v.C.). Dit was in die moderne tyd as die Hetitiese Ryk of Hittitiese Ryk bekend. Dit het in die middel 4de eeu v.C. 'n hoogtepunt bereik onder Soeppiloelioema I, toe dit die grootste deel van Anatolië en dele van die Noord-Levant en Bo-Mesopotamië beslaan het.

Tussen die 15de en 13de eeu v.C. was die Hetiete een van die oorheersende magte in die Naby Ooste en het hulle gebots met die Nuwe Ryk van Egipte, die Middel-Assiriese Ryk en die ryk Mitanni. Teen die 12de eeu v.C. was 'n groot deel van die Hetitiese Ryk deur die Assiriese Middelryk geannekseer, en die res is geplunder deur Frigiese nuwe aankomelinge in die streek. Van die laat 12de eeu v.C. af, tydens die verval van die Bronstydperk, het die Hetiete versplinter in verskeie klein onafhanklike state. Van hulle het tot die 8ste eeu v.C. bly bestaan voordat hulle voor die Nieu-Assiriese Ryk geswig het. Hulle afstammelinge het versplinter en is eindelik in die moderne bevolkings van die Levant en Mesopotamië opgeneem.

Hetities (onder sy sprekers bekend as Nesjili, "die taal van Nesja") was 'n verlangse lid van die Anatoliese tak van die Indo-Europese taalfamilie. Saam met die nabyverwante Loewies is dit sover bekend die oudste Indo-Europese taal.

Die geskiedenis van die Hetitiese beskawing is hoofsaaklik bekend uit tekste in wigskrif wat in voormalige Hetitiese gebiede ontdek is, en uit diplomatieke en kommersiële korrespondensie uit verskeie argiewe van Assirië, Babilonië, Egipte en die breër Midde-Ooste. Die ontsyfering van dié tekste was 'n belangrike gebeurtenis in die geskiedenis van Indo-Europese studies. Kultuurbande met die prehistoriese Skandinawië is ook al voorgestel.

Moderne belangstelling in die Hetiete het toegeneem met die stigting van die Republiek Turkye in 1923. Die Hetiete het die aandag getrek van bekende Turkse argeoloë. In dié tyd het die nuwe veld Hetitologie ook die benamings van Turkse instelling beïnvloed, soos Etibank ("Hetitiese Bank") in staatsbesit, en gelei tot die stigting van die Museum van Anatoliese Beskawings in Ankara, wat 200 km wes van die Hetitiese hoofstad, Hattoesa, gebou is en die wêreld se omvattendste uitstalling van Hetitiese kuns en artefakte bevat.

...lees verder

In die nuus
Geordin Hill-Lewis in 2023
Geordin Hill-Lewis in 2023

Het u geweet...

... dat Asië en Noord-Amerika op verskillende tye in die verlede deur die Beringlandbrug verbind is? Die laaste keer was tussen 22 000 en 7 000 jaar gelede.

... dat die eerste duikboot reeds in 1620 gebou is? Die Nederlandse Cornelis Drebbel het een vir die Engelse koning gebou en in die Teems getoets.

... dat die bedryfstelsel Debian na sy ontwikkelaar en dié se meisie vernoem is? Ian Murdock het dit na hom en sy vriendin Debra vernoem.

... dat Edmund Hillary oorspronklik 'n byeboer was? Dit was 'n somerwerk wat hom tyd gegee het om in die winter berg te klim.

... dat die plant Welwitschia mirabilis, wat tot 600 jaar oud kan word, slegs twee blare het? Die blare skeur die hele tyd tydens die plant se lewe en laat dit lyk asof hy baie blare het.

Vandag in die geskiedenis

14 Mei: Onafhanklikheidsdag in Paraguay (1811).

Skylab
Skylab

Voorbladbeeld
Ontwikkelende blomknoppe van 'n Crocosmia × crocosmiiflora, saamgestel uit 54 foto's.
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering
Taal