Virginië
Virginië (Engels: Commonwealth of Virginia) is 'n deelstaat aan die Atlantiese kus van die Verenigde State van Amerika. Dit is genoem na Elizabeth I van Engeland (Virgin Queen). Die hoofstad is Richmond en die grootste stad is Virginia Beach. Dit het 'n bevolking van sowat 8 miljoen en 'n oppervlakte van 110 785 vierkante kilometer. Virginië word in die noorde deur Maryland en Wes-Virginië, in die suide deur Noord-Carolina en Tennessee, en in die weste deur Wes-Virginië en Kentucky begrens. Die Atlantiese Oseaan lê in die ooste. Virginië het 'n ryk geskiedenis van politieke gebeure. Verskeie van die Amerikaanse presidente is in Virginië gebore.
| Gemenebes Virginië | |||||
| |||||
| Bynaam(e): Old Dominion, Mother of Presidents | |||||
| Amptelike taal(e) | Engels | ||||
| Gesproke taal(e) | Engels 94,3%, Spaans 5,8% | ||||
| Hoofstad | Richmond | ||||
| Grootste stad | Virginia Beach | ||||
| Area | 35ste in die V.S. | ||||
| - Totaal | 110 785 km2 | ||||
| - Wydte | 320 km | ||||
| - Lengte | 690 km | ||||
| - Water | 8 236 km2 | ||||
| - % water | 7.4 % | ||||
| - Breedtegraad | 36° 32′ N tot 39° 28′ N | ||||
| - Lengtegraad | 75° 15′ W tot 83° 41′ W | ||||
| Bevolking | 12de in die V.S. | ||||
| - Totaal | 8 654 542 | ||||
| - Digtheid | 79,8/km2 14de in die V.S. | ||||
| Hoogte | |||||
| - Hoogste punt | Mount Rogers 1 746 m | ||||
| - Gemiddeld | 290 m | ||||
| - Laagste punt | Atlantiese Oseaan seevlak | ||||
| Toetrede tot die Unie | 25 Junie 1788 (10de) | ||||
| Goewerneur | Ralph Northam (D) | ||||
| Luitenant-Goewerneur | Justin Fairfax (D) | ||||
| Wetgewer | Virginië Algemene Vergadering | ||||
| - Hoërhuis | Senaat | ||||
| - Laerhuis | Huis van Afgevaardigdes | ||||
| V.S. Senatore | Mark Warner (D) Tim Kaine (D) | ||||
| Tydsone | UTC -5 / Somertyd -4 | ||||
| Afkortings | VA US-VA | ||||
| Webblad | www.virginia.gov | ||||
Virginië se byname is Old Dominion en Mother of Presidents.





Eksterne skakels
wysig- Toerisme
- Geskiedenis
| Verenigde State van Amerika | ||||||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| ||||||||||||
