LitNet Akademies
LitNet Akademies is 'n Afrikaanstalige portuurbeoordeelde, aanlyn akademiese tydskrif wat op die LitNet-webwerf gepubliseer word. Die tydskrif publiseer navorsingsartikels in ses onderafdelings, nl. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Geesteswetenskappe, Godsdienswetenskappe, Natuurwetenskappe, Opvoedkunde, en Regte.[2] Die tydskrif is geakkrediteer deur die Department van Hoër Onderwys en Opleiding van Suid-Afrika.[3]
| LitNet Akademies | |
|---|---|
| Redakteur | Prof. Etienne van Heerden |
| Redaksielede | Menán van Heerden, Naomi Meyer, Izak de Vries, Melt Myburgh, Liné Loff, Bennie Linde, Francis Galloway, Pieter G.R. de Villiers, Estelle Kruger, Johann Neethling[1] |
| Kategorieë | Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Geesteswetenskappe, Godsdienswetenskappe, Natuurwetenskappe, Opvoedkunde, Regte[2] |
| Frekwensie | Viermaandeliks[3] |
| Eerste uitgawe | Julie 2007 |
| Land | Suid-Afrika |
| Taal | Afrikaans[2] |
| Webwerf | www.litnet.co.za |
| ISSN | 1995-5928 |
Geskiedenis
wysigLitNet Akademies is in 2007 geloods as deel van die LitNet-hiperteksomgewing en was die eerste Afrikaanse aanlyn akademiese joernaal wat deur die Suid-Afrikaanse Departement van Hoër Onderwys en Opleiding op die lys van geakkrediteerde vaktydskrifte geplaas is.[4] Die joernaal is oorspronklik onder die redakteurskap van prof. Etienne van Heerden ontwikkel en het vinnig uitgebrei na verskeie dissiplinêre afdelings.[3]
Publikasiebeleid
wysigArtikels word in Afrikaans gepubliseer en elke bydrae word voorsien van ’n Engelse abstrak om internasionale toeganklikheid te bevorder.[5] Die joernaal volg ’n ooptoegang-model en vra geen bladgelde van outeurs nie, terwyl kopiereg by die outeurs self bly.[2] Alle bydraes ondergaan ’n proses van dubbele portuurbeoordeling om akademiese gehalte te verseker.[3]
Struktuur en bestuur
wysigDie redaksie van LitNet Akademies bestaan uit vakspesifieke redakteurs vir die verskillende onderafdelings, waaronder Geesteswetenskappe, Regte, Opvoedkunde, Natuurwetenskappe, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, en Godsdienswetenskappe.[1] Die direksie van LitNet Akademies sluit Etienne van Heerden, Jos Floor en Martin Geldenhuys in.[6]
LitNet Akademies se hoofredakteur is prof. Etienne van Heerden.[1] Die tydskrif word finansieel ondersteun deur die Trust vir Afrikaanse Onderwys.[2]
Statistiek en impak
wysigIn 2020 is 91 geakkrediteerde navorsingsartikels in Afrikaans deur LitNet Akademies gepubliseer, wat saam 2 470 bladsye beslaan het.[7] Die LitNet-webwerf, wat die tydskrif huisves, het gemiddeld meer as 180 000 unieke besoekers per maand ontvang, wat dit een van die mees geleesde Afrikaanse akademiese publikasieplatforms maak.[7]
Samewerkings
wysigIn vennootskap met die Nasionale Afrikaanse Letterkunde Museum en Navorsingsentrum (NALN) onderhou LitNet Akademies ’n katalogus van meer as 38 000 dokumente wat die Afrikaanse letterkunde en verwante dissiplines dek.[8]
Verwysings
wysig- 1 2 3 LitNet Akademies Jaargang 19, uitgawe 1 (PDF). URL besoek op 2022-05-18. Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; name "litnet akademies 19-1" defined multiple times with different content. - 1 2 3 4 5 LitNet Akademies (Webartikel). URL besoek op 2022-05-18. Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; name "litnet akademies archives" defined multiple times with different content. - 1 2 3 4 "Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe". Sabinet (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2018. Besoek op 21 Mei 2017.
- ↑ "Journal cred for academic website". University of Cape Town News. University of Cape Town. 18 Februarie 2008. Besoek op 1 Oktober 2025.
- ↑ "LitNet Akademies". Etienne van Heerden. Besoek op 1 Oktober 2025.
- ↑ "LitNet Akademies bestuur". Etienne van Heerden. Besoek op 1 Oktober 2025.
- 1 2 "Wie is ons". LitNet. Besoek op 1 Oktober 2025.
- ↑ "LitNet Akademies-NALN Katalogus". ESAT. Besoek op 1 Oktober 2025.
Eksterne skakels
wysig- (af) Amptelike webwerf