Juneau is die hoofstad van die deelstaat Alaska en is reeds in 1880 gestig deur goudprospekteerders. In 1900 het dit dorpstatus verkry. Die stad het vinnig gegroei soos die goudmyne in die omgewing ontwikkel het en het in 1906 die hoofstad van Alaska geword. Daar is 'n steeds 'n visvloot gestasioneer in die stad wat die plaaslike salm vang.
Die gemiddelde daaglikse temperature in die somer is 10° tot 14 °C, terwyl die gemiddelde temperature tydens die winter tot -14 °C kan daal. Desondanks geniet die stad 'n milder klimaat as baie gebiede van die vastelandse Verenigde State.
- Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 13, Bladsy 668.