Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.[1]

Sontermyne
  Lengtegraad    Termyn    Datum
 Lente
  315°  Lichun 4-5 Februarie
  330°  Yushui 18-19 Februarie
  345°  Jingzhe 5-6 Maart
   Chunfen 20-21 Maart
  15°  Qingming 4-5 April
  30°  Guyu 20-21 April
  Somer
  45°  Lixia 5-6 Mei
  60°  Xiaoman 21-22 Mei
  75°  Mangzhong 5-6 Junie
  90°  Xiazhi 21-22 Junie
  105°  Xiaoshu 7-8 Julie
  120°  Dashu 22-23 Julie
 Herfs
  135°  Liqiu 7-8 Augustus
  150°  Chushu 23-24 Augustus
  165°  Bailu 7-8 September
  180°  Qiufen 23-24 September
  195°  Hanlu 8-9 Oktober
  210°  Shuangjiang   23-24 Oktober
  Winter
  225°  Lidong 7-8 November
  240°  Xiaoxue 22-23 November
  255°  Daxue 7-8 Desember
  270°  Dongzhi 21-22 Desember
  285°  Xiaohan 5-6 Januarie
  300°  Dahan 20-21 Januarie

Chunfen (Chinees: 春分, pinyin: chūnfēn) of shunbun (Japannees: 春分) is die vierde sontermyn. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 0° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 15° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 0° is.

Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 20 Maart en eindig dit omstreeks 4 April (5 April volgens Oos-Asiatiese tyd).

Pentades

wysig

Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van chunfen is:

China
  • Eerste pentade: Die donker voëls arriveer (玄鳥至). Dit verwys na swaeltjies wat noordwaarts migreer.[2]
  • Tweede pentade: Donderende klanke (雷乃發聲). Dit verwys na die begin van die lente se donderstorms.[2]
  • Laaste pentade: Weerlig begin (始電). Benewens die donderstorms verwys dit ook na die dae wat langer word en die son wat skyn.[2]
Japan
  • Eerste pentade: Die swaeltjie begin ’n nes bou (雀始巣; Suzume hajimete sukuu).[3]
  • Tweede pentade: Kersiebloeisels begin oopgaan[3] (桜始開; Sakura hajimete hiraku).
  • Laaste pentade: Die begin van die veraf donderweer (雷乃発声; Kaminari sunawachi koeo hassu).[3]

Verwysings

wysig
  1. "24 Sekki". Glossary. National Astronomical Observatory of Japan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2019. Besoek op 21 Maart 2016.
  2. 1 2 3 Kondō Heijō (近藤瓶城), red. (1901). 新加纂録類 (Shinka Sanrokurui). Vol. 19. (Meiji 34). Tokio: 近藤活版所 (Kondō Kappansho). p. 110. {{cite book}}: |work= ignored (hulp); Ongeldige |ref=harv (hulp)
  3. 1 2 3 Fujisawa, Morihiko (1961). 年中行事編 (Nenjū Gyōjihen). Vol. 7. Tokyo: Akane Shobō. p. 103. {{cite book}}: |work= ignored (hulp); Ongeldige |ref=harv (hulp)

Eksterne skakels

wysig
Vorige termyn
Jingzhe (驚蟄)
Chunfen (春分) Volgende termyn
Qingming (清明)