Die stuk lewer in die algemeen kommentaar op die wyse waarop jong vroue hulself aan vermaaklikheidsterre meet, en op die feit dat daardie sterre fyner dopgehou word as die gemiddelde vrou (sodat 'n mens byvoorbeeld uit foto's kan aflei dat Madonna op 'n jonger ouderdom 'vetter' was as nou).
In Trippie word die gehoor, die passasiers op die bus, kort voor lank die toeskouers van die bisarre interaksie wat tussen die twee karakters "Man" en "Vrou" afspeel.
Hierdie feit is vir die leser (en nie vir die toeskouer nie) bedoel, net soos sekere toneelaanwysings, byvoorbeeld die beskrywing van die Vrou in Trippie: '"MaV is dalk 'n te gerieflike term om haar te beskryf, terwyl 'opgewonde' 'n eufemisme sou wees.