ammoniet
| Enkelvoud | Meervoud |
|---|---|
| ammoniet | ammoniete |
- am•mo•niet
- (weekdiere), (paleontologie)
Ammonoidea, 'n fossiel uit ’n uitgestorwe onderklas van die
Cephalopoda (inkvisse). Hulle was seediere wat wêreldwyd in die Laat Paleosoïkum en die hele Mesosoïkum in groot getalle voorgekom het.
- Die nuttigste sonefossiele verteenwoordig spesies wat relatief kort geleef het (enkele miljoene jare), maar wat wydverspreid voorgekom het, bv. die talle trilobiet- en ammonietspesies. [1]
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor ammoniet.