Zoeloe Wikipedia
Die Zoeloe Wikipedia is die Zoeloe-weergawe van Wikipedia, 'n gratis, ope-inhoud aanlynensiklopedie. Volgens die aantal artikels is dit die 168ste grootste Wikipedia-projek.[1]
Tipe webwerf | Wiki |
|---|---|
| Beskikbaar in | Zoeloe |
| Eienaars | Wikimedia Stigting |
| URL | http://zu.wikipedia.org/ |
| Registrasie | Opsioneel |
| Huidige status | Aktief |
Aangesien Zoeloe onderling verstaanbaar is deur Xhosasprekers (albei is Nguni-tale) is dit moontlik om artikels uit die Zoeloe-uitgawe maklik in Xhosa te vertaal vir die Xhosa Wikipedia. Soortgelyke transwikipogings is aangewend vir die Skandinawiese taaluitgawes, soos die Sweedse, Noorse en Deense Wikipedias.
Daar is in Januarie 2012 voorgestel dat die Zoeloe Wikipedia gesluit word weens 'n gebrek aan aktiwiteit, 'n voorstel wat verwerp is in Maart 2012.
Die Wikipedia het tans 27 049 bladsye, waarvan 12 260 artikels is. Dit het 25 897 geregistreerde gebruikers, waarvan 63 as aktief gereken word. Hierdie gebruikers het in totaal 123 419 wysigings aangebring en 0 lêers opgelaai.
Sien ook
wysigVerwysings
wysigEksterne skakels
wysig| Wikimedia Commons bevat media in verband met Zoeloe Wikipedia. |