Ventersdorp
Ventersdorp is 'n dorp in die Noordwesprovinsie, in Suid-Afrika met sowat 4 200 mense. Ventersdorp is 53 km oos van Coligny en die N14 nasionale pad gaan deur die dorp. Eugène Terre'Blanche, stigter van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) is op die dorp gebore.
Ventersdorp | |
|---|---|
Toegangsbord tot Ventersdorp | |
| Koördinate: 26°19′S 26°49′O / 26.317°S 26.817°O | |
| Land | |
| Provinsie | Noordwes |
| Distrik | Dr. Kenneth Kaunda |
| Munisipaliteit | JB Marks |
| Stigting | 1866 |
| Oppervlak | |
| • Totaal | 53,88 km2 (20,80 vk. myl) |
| Bevolking (2011)[1] | |
| • Totaal | 4 204 |
| • Digtheid | 78/km2 (200/vk. myl) |
| Rasverdeling (2011) | |
| • Wit mense | 40.2% |
| • Indiërs/Asiërs | 2.3% |
| • Bruin mense | 5.5% |
| • Swart mense | 51.4% |
| • Ander | 0.5% |
| Taal (2011) | |
| • Afrikaans | 46.6% |
| • Tswana | 40.5% |
| • Engels | 4.3% |
| • Xhosa | 2.8% |
| • Ander | 5.8% |
| Poskode (strate) | 2710 |
| Poskode (posbusse) | 2710 |
| Skakelkode | 018 |
Geskiedenis
wysig
Ventersdorp is in 1866 as 'n NG gemeente gestig op die plaas Roodepoort en die dorp en gemeente is na die eienaar vernoem, Johannes Venter. Die plaas was naby die oorsprong van die Schoonspruit.
Distrik
wysigBesienswaardighede
wysigDaar is twee natuurreservate: Schoonspruit en 'n privaatreservaat, Makokskraal. Die plaaslike museum huisves 'n groot versameling gewere wat die Boere tydens die Tweede Vryheidsoorlog gebruik het en daar is ook 'n begraafplaas van dié soldate in die dorp. Daar is ook twee watermeule in Schoonspruit wat dateer uit die 1800's.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika.
Verwysings
wysig- 1 2 3 4 "Hoofplek Ventersdorp". Sensus 2011.
Eksterne skakels
wysig
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ventersdorp.