Tasjkent
Tasjkent (Oesbekies: Toshkent, Тошкент, تاشکند; Russies: Ташкент; letterlik: "klip-stad" in Turkiese tale) is die hoofstad en grootste stad van Oesbekistan in die oostelike deel van die land naby die grense met buurlande Kasakstan, Kirgisië en Tadjikistan. Die stad het in 2020 'n bevolking van 3 164 030 gehad (waarvan sowat 20% Russe) en beslaan 'n oppervlakte van 631,29 km².
| Kaart | Wapen |
| Vlag | |
| Land | |
| Provinsie | Tasjkent |
| Koördinate | 41°19′N 69°17′O / 41.317°N 69.283°O |
| Stigting | 3de eeu v.C. |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 631,29 vk km |
| Hoogte bo seevlak | 455 m |
| Bevolking: | |
| - Totaal (2025) | 3 164 030 |
| - Bevolkingsdigtheid | 4 816/vk km |
| - Metropolitaanse gebied | 3 247 012 |
| Tydsone | UTC +5 (UZT) |
| Burgemeester | Sjawkat Oemoerzakof |
| Amptelike webwerf | tashkent.uz |
Voor die invloed van Islam in die 8ste eeu n.C. begin het, is Tasjkent in die vroeë geskiedenis deur die Sogdiese en Turkiese kulture beïnvloed. Ná hulle vernietiging in 1219 deur Djengis Khan is die stad herbou en het voordeel getrek uit die syroete. Van die 18de tot die 19de eeu het die stad 'n onafhanklike stadstaat geword voordat dit weer deur die Khanaat Kokand verower is. In 1865 is Tasjkent deur die Russiese Ryk verower; vervolgens het dit die hoofstad van Russies-Turkestan geword. Tydens die Sowjet-tydperk het dit 'n groot groei en demografiese veranderinge ondergaan vanweë grootskaalse, gedwonge bevolkingsverskuiwings regdeur die Sowjetunie. Tasjkent is grootliks tydens 'n aardbewing in 1966 vernietig, maar dadelik as 'n Sowjetse modelstad herbou. Dit was die vierde grootste stad in die Sowjetunie ná Moskou, Leningrad (nou Sint Petersburg) en Kief (nou Kijif) en die grootste in Sentraal-Asië. Tasjkent se modernistiese argitektuur is in 2026 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Demografie
wysigIn 2017 is altesaam 43 900 kinders gebore. Die geboortesyfer is 18,2 % met die laagste in Oesbekistan. In dieselfde tydperk is 16 500 mense dood. Die sterftesyfer is met 6,9 % die hoogste in Oesbekistan. Die natuurlike bevolkingsaanwas is met +27 400 mense of +11,3 % die laagste in die hele Oesbekistan.
Susterstede
wysig
, Ankara, Turkye[1]
Asjchabad, Turkmenistan[1]
Astana, Kasakstan[1]
Beijing, Volksrepubliek China[1]
Berlyn, Duitsland[1]
Bisjkek, Kirgisië[1]
Dnipro, Oekraïne[1]
Kaïro, Egipte[1]
Kijif, Oekraïne[1]
Moskou, Rusland[1]
Nagoja, Japan[1]
Riga, Letland[1]
Shanghai, Volksrepubliek China[1]
Seattle, Verenigde State[1]
Seoel, Suid-Korea[1]
Swerdlowsk, Oekraïne[1]
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tasjkent.- (en) Toerisme-inligting oor Tasjkent op Wikivoyage
- (uz) Amptelike webwerf
- (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy
- (en) "Tashkent". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 Julie 2026.


