Minneapolis
Minneapolis (Engels: [mɪniˈæpəlɪs], ) is die administratiewe setel van die distrik Hennepin County in die Amerikaanse deelstaat Minnesota, en die groter een van die sogenaamde Twin Cities ("Tweelingstede"), 'n metropolitaanse gebied in oostelike Sentraal-Minnesota wat na sy twee grootste nedersettings, Minneapolis en Saint Paul (die deelstaathoofstad), genoem is. Minneapolis, wat aan weerskante van die Mississippirivier geleë is, het 'n bevolking van meer as 428 000, met sterk Skandinawiese en Lutherse invloede.
| Kaart | Seël |
| Vlag | |
| Land | |
| Deelstaat | |
| County | Hennepin |
| Koördinate | 44°59′N 93°16′W / 44.983°N 93.267°W |
| Stigting | 1856 |
| Geïnkorporeer op | 1867 |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 148,94 vk km |
| Hoogte bo seevlak | 250 m |
| Bevolking: | |
| - Totaal (2024) | 428 579 |
| - Bevolkingsdigtheid | 3 074,21/vk km |
| - Metropolitaanse gebied | 3 693 729 |
| Tydsone | CST (UTC -6) |
| - Somertyd | CDT (UTC -5) |
| Klimaat | |
| - Tipe | Kontinentale klimaat |
| - Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 8,3 °C |
| - Gem. temp. Januarie/Julie | -8,8 / 23,5 °C |
| - Gemiddelde jaarlikse neerslae | 803 mm |
| Burgemeester | Jacob Frey (D) |
| Amptelike webwerf | minneapolismn.gov |
Die naam Minneapolis kom van die Dakota-woord mni (water) en die Griekse woord polis (stad). Minneapolis se bynaam is City of Lakes.
Minneapolis was in onlangse jare wêreldwyd in die nuus vir beide die moord op George Floyd (in 2020 deur 'n polisiebeampte) en Renée Good (in 2025 deur 'n ICE-beampte).[1][2]
Vervoer
wysig
Die Minneapolis-Saint Paul Internasionale Lughawe (MSP), geleë in die suide van die metropolitaanse Twin Cities-gebied (twaalf myl suidoos van Minneapolis en tien myl suidwes van St. Paul se middestad), is 'n belangrike spilpunt in die sogenaamde Upper Midwest-streek van die Verenigde State – met reistye van slegs een uur vanuit die meeste groter stedelike nedersettings in die Amerikaanse Middel-Weste en 'n vliegtyd van tussen twee en drie uur vanaf die Oos- of Weskus. Ook is daar regstreekse vlugte na verskillende bestemmings in die buiteland.
Bekende boorlinge
wysig- J. Paul Getty, oliemagnaat (1892–1976)
- Prince, popsanger (1958−2016)
Susterstede
wysig
Santiago de Chile, Chili, sedert 1961.[3]
Kuopio, Finland, sedert 1973.[3]
Winnipeg, Kanada, sedert 1978.[3]
Ibaraki, Japan, sedert 1980.[3]
Nowosibirsk, Rusland, sedert 1988.[3]
Tours, Frankryk, sedert 1991.[3]
Harbin, Volksrepubliek China, sedert 1992.[3]
Eldoret, Kenia, sedert 2000.[3]
Uppsala, Swede, sedert 2000.[3]
Cuernavaca, Meksiko, sedert 2008.[3]
Najaf, Irak, sedert 2009.[3]
Bosaso, Somalië, sedert 2014.[3]
Verwysings
wysig- ↑ (en) David Bauder (12 Januarie 2026). "George Floyd and Renee Good: 5 years between Minneapolis videos, and confusion has increased". Yahoo!. Besoek op 12 Januarie 2026.[dooie skakel]
- ↑ (de) "Ein George-Floyd-Moment?". Die Zeit. 11 Januarie 2026. Besoek op 12 Januarie 2026.
- 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 (en) "Meet Our Sister Cities". Milwaukee. Besoek op 12 Januarie 2026.
Eksterne skakels
wysig
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Minneapolis.- (en) Amptelike webwerf
- (en) "Minneapolis". Encyclopædia Britannica. Besoek op 12 Januarie 2026.


