Lord Howe-eiland

Die Lord Howe-eiland (Engels: Lord Howe Island) is 'n eiland in die Tasmansee tussen Australië en Nieu-Seeland. Dit is sowat 600 km oos van Port Macquarie, 780 km noordoos van Sydney en 900 km suidwes van die Norfolkeiland geleë. Dit beslaan 'n oppervlakte van 14,55 km² en het 'n bevolking van 382 in 2016 gehad.[1] Lord Howe-eiland vorm saam met ander kleiner eilande die Lord Howe-eilandgroep, waarvan dit die grootste eiland is. Dit is 10 km lank en tussen 0,3 en 2,0 km breed. Die Lord Howe-eilande is 'n ongeïnkorporeerde gebied van die deelstaat Nieu-Suid-Wallis wat deur die Lord Howe-eilandraad bestuur word.[2]

Lord Howe-eiland
Inheemse naam: Lord Howe Island (Engels)
'n Uitsig oor Lord Howe-eiland
'n Uitsig oor Lord Howe-eiland
Geografie
LiggingAustralië, Oseanië en Stille Oseaan
Koördinate31°33′S 159°05′O / 31.550°S 159.083°O / -31.550; 159.083
ArgipelAustralië
Totale eilande28
HoofeilandeLord Howe-eiland, Admiralty-eilande, Mutton Bird-eilande en Ball se Piramide
Oppervlakte14,55 vk km
Hoogste puntGower 875 m
Administrasie
Vlag van Australië Australië
Deelstaat Nieu-Suid-Wallis
Demografie
Bevolking382
Nasa-Satellietbeeld van Lord Howe-eiland

Die Lord Howe-eiland is in 1982 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys. Weens die unieke fauna en flora is toegang tot die eiland streng beperk.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. (en) "Lord Howe Island". Australiese Statistiekkantoor. 2016. Besoek op 30 Mei 2024.
  2. (en) "Regional Statistics – New South Wales" (PDF). Australiese Statistiekkantoor. 2004. Besoek op 30 Mei 2024.

Eksterne skakels

wysig