Koningmakriel
Die koningmakriel of katonkel (Scomberomorus commerson) is 'n vis wat aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek voorkom. Die vis is lenig met vele donker dwarsstrepe op die sye. Dit het skerp driehoekige tande. Dit kan tot 2 m lank word en weeg dan 46 kg. Dit is 'n gewilde sportvis en kom aflandig by riwwe voor. In Engels staan die vis bekend as die Couta of King mackerel.
| Katonkel | |
|---|---|
| Wetenskaplike klassifikasie | |
| Domein: | Eukaryota |
| Koninkryk: | Animalia |
| Filum: | Chordata |
| Klas: | Actinopterygii |
| Orde: | Scombriformes |
| Familie: | Scombridae |
| Genus: | Scomberomorus |
| Spesie: | S. commerson |
| Binomiale naam | |
| Scomberomorus commerson (Lacépède, 1800) | |
Sien ook
wysigBronne
wysig- First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. ISBN 978-1-86872-288-4
- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
- Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0