Kenji Doihara

Japannese generaal (1883–1948)

Kenji Doihara (土肥原 賢二, Doihara Kenji, 8 Augustus 188323 Desember 1948) was 'n Japannese weermagoffisier en oorlogsmisdadiger. As 'n generaal in die Japannese Keiserlike Leër tydens die Tweede Wêreldoorlog was hy instrumenteel in die Japannese inval in Mantsjoerye.

As 'n toonaangewende intelligensie-offisier het hy 'n sleutelrol gespeel vir die Japannese meganismes wat gelei het tot die besetting van groot dele van China, die destabilisering van die land en die verbrokkeling van die tradisionele struktuur van die Chinese samelewing om reaksie op die Japannese planne te verminder deur hoogs-onkonvensionele metodes te gebruik. Hy het die meesterbrein van die Manchuriese dwelmhandel geword en die borg agter baie onderwêreldaktiwiteite in die Japannese besette China.

Ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog is hy vir oorlogsmisdade in die Internasionale Militêre Tribunaal vir die Verre Ooste vervolg. Hy is skuldig bevind, ter dood veroordeel en in Desember 1948 gehang.

Bronne

wysig
  • Beasley, W.G. (1991). Japanese Imperialism 1894–1945. Oxford University Press. ISBN 0-19-822168-1.
  • Barrett, David (2001). Chinese Collaboration with Japan, 1932–1945: The Limits of Accommodation. Stanford University Press. ISBN 0-8047-3768-1.
  • Bisher, Jamie (2005). White Terror: Cossack Warlords of the Trans-Siberian. Routledge. ISBN 978-0714656908.
  • Fuller, Richard (1992). Shokan: Hirohito's Samurai. London: Arms and Armor. ISBN 1-85409-151-4.
  • Gunther, John (1942). Inside Asia. New York: Harper & Brothers.
  • Itoh, Mayumi (2016). [ KenjiDoihara op Google Boeke The Making of China’s War with Japan]. Singapore: Palgrave Macmillan. ISBN 978-981-10-0494-0. {{cite book}}: Check |url= value (hulp)
  • Hayashi, Saburo; Cox, Alvin D. (1959). Kogun: The Japanese Army in the Pacific War. Quantico, VA: The Marine Corps Association.
  • Maga, Timothy P. (2001). Judgment at Tokyo: The Japanese War Crimes Trials. University Press of Kentucky. ISBN 0-8131-2177-9.
  • Minear, Richard H. (1971). Victor's Justice: The Tokyo War Crimes Trial. Princeton, NJ, USA: Princeton University Press.
  • Toland, John (1970). The Rising Sun: The Decline and Fall of the Japanese Empire 1936-1945. Random House. ISBN 0-8129-6858-1.
  • Wasserstein, Bernard (1999). Secret War in Shanghai: An Untold Story of Espionage, Intrigue, and Treason in World War II. Houghton Mifflin. ISBN 0-395-98537-4.
  • Deacon, Richard (1990). Kempeitai: the Japanese Secret Service, Then and Now. Tuttle Publishing. ISBN 9780804816533.

Eksterne skakels

wysig