Johan Neeskens
Johannes Jacobus Neeskens (15 September 1951 – 6 Oktober 2024), bekend as Johan Neeskens, was ’n Nederlandse sokkerspeler en afrigter. As middelveldspeler was hy ’n belangrike lid van die Nederlandse nasionale span wat as naaswenners geëindig het in die Wêreldbekertoernooie van 1974 en 1978, en hy word beskou as een van die beste middelveldspelers van alle tye.[2][3][4]
Neeskens in 1974 | |||
| Persoonlike inligting | |||
|---|---|---|---|
| Geboortedatum | 15 September 1951 | ||
| Geboorteplek | Heemstede, Noord-Holland, Nederland | ||
| Sterfdatum | 6 Oktober 2024 (op 73) | ||
| Sterfplek | Algerië | ||
| Lengte | 1,78 m[1] | ||
| Speelposisie | Middelveldspeler | ||
| Seniorloopbaan* | |||
| Jare | Span | Kere† | (Doele)† |
| 1968–1970 | RCH | 68 | (1) |
| 1970–1974 | Ajax | 124 | (33) |
| 1974–1979 | Barcelona | 140 | (35) |
| 1979–1984 | New York Cosmos | 94 | (17) |
| 1984–1985 | Groningen | 7 | (0) |
| 1985 | South Florida Sun | 1 | (1) |
| 1985–1986 | Kansas City Comets (binnehuis) | 23 | (1) |
| 1986–1987 | Löwenbrau (amateurs) | ||
| 1987–1990 | Baar | 23 | (5) |
| 1990–1991 | FC Zug | 1 | (0) |
| Nasionale span | |||
| 1970–1981 | Nederland | 49 | (17) |
| Spanne bestuur | |||
| 1991–1993 | FC Zug | ||
| 1993–1995 | Stäfa | ||
| 1995–1996 | Singen | ||
| 1995–2000 | Nederland (assistent) | ||
| 2000–2004 | NEC | ||
| 2005–2006 | Australië (assistent) | ||
| 2006–2008 | Barcelona (assistent) | ||
| 2008–2009 | Nederland B | ||
| 2009–2010 | Galatasaray (assistent) | ||
| 2011–2012 | Mamelodi Sundowns | ||
| * Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga.. † Kere uitgedraf (Doele). | |||
In 2004 is hy benoem as een van die 125 Grootste Lewende Sokkerspelers tydens ’n FIFA-toekenningsgeleentheid, terwyl hy in 2017 ingesluit is in die sokkertydskrif FourFourTwo se lys van die 100 grootste spelers van alle tye, op die 64ste plek.[5][6]
Na sy uittrede in 1991, was Neeskens assistent-afrigter van Guus Hiddink by die Nederlandse en Australiese nasionale spanne, en van Frank Rijkaard vir Nederland, Barcelona en Galatasaray. Hy was ook die hoofafrigter van NEC Nijmegen, die Nederlandse B-span, en Mamelodi Sundowns.[7]
Neeskens is op 6 Oktober 2024 in Algerië oorlede op die ouderdom van 73.[8] Hy was in die land as deel van ’n KNVB-afrigtingsprojek en het ’n hartaanval opgedoen.[9]
Verwysings
wysig- ↑ "Johan Neeskens". worldfootball.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Maart 2012. Besoek op 3 Augustus 2025.
- ↑ "FC Barcelona: El problema fecal de Núñez que echó a Neeskens del Barça - Marca.com". marca.com. 15 Maart 2016.
- ↑ "El Real Madrid ficha al hijo de Neeskens - MARCA.com". marca.com.
- ↑ "Johan Neeskens – FC Barcelona". FC Barcelona.
- ↑ "Pele's list of the greatest". BBC Sport. 4 Maart 2004. Besoek op 18 November 2013.
- ↑ Yorkhin, Michael (25 Julie 2017). "FourFourTwo's 100 Greatest Footballers EVER: 70 to 61". FourFourtwo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Augustus 2017. Besoek op 2 Augustus 2017.
- ↑ "Neeskens to lead Netherlands B team". UEFA. 25 Oktober 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2008. Besoek op 24 November 2008.
- ↑ "Johan Neeskens (15 september 1951 – 6 oktober 2024)". KNVB. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ "Johan Neeskens: keihard en kwetsbaar". Voetbal International (in Nederlands). 7 Oktober 2024. Besoek op 8 Oktober 2024.