Jair Ventura Filho (gebore 25 Desember 1944), beter bekend as Jairzinho (Portugese uitspraak: [ʒaˌiʁˈzĩɲu]), is 'n Brasiliaanse voormalige professionele sokkerspeler. Hy was 'n vinnige, vaardige en kragtige regtervleuel wat bekend was vir sy afrondingsvermoë en neus vir doele.[4][5] Hy word algemeen beskou as een van die grootste Brasiliaanse sokkerspelers van alle tye.[6][7][8]

Jairzinho

Jairzinho in 1974
Persoonlike inligting
Geboortedatum25 Desember 1944 (1944-12-25) (81 jaar oud)
GeboorteplekDuque de Caxias, Rio de Janeiro, Brasilië
Lengte1.73 m
SpeelposisieVleuel, Voorspeler
Jeugloopbaan
1958–1962Botafogo
Seniorloopbaan*
JareSpanKere(Doele)
1962–1974Botafogo416(186)
1974–1975Marseille18(9)
1975Kaizer Chiefs3(1)
1976Cruzeiro32(18)
1977Portuguesa (Venezuela)21(21)
1978-1979Noroeste10(4)
1979Fast Clube2(0)
1980–1981Jorge Wilstermann26(17)
1981–1982Botafogo2(0)
1982–19839 de Octubre10(3)
Totaal540(259)
Nasionale span
1963Brasilië se Olimpiese span4(2)
1964–1982Brasilië[1][2][3]81(33)
Spanne bestuur
1987–1988Londrina
1988–1989Al-Wehda
1989–1991São Cristóvão
1995–1996Bonsucesso
1997–1998Kalamata
2001–2002Mesquita
2003–2005Gaboen
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga..
† Kere uitgedraf (Doele).

Jairzinho het die bynaam "die Orkaan" (Portugees: o Furacão) gekry, 'n verwysing na die manier waarop sy trui tydens sy speelloopbaan in die wind gefladder het wanneer hy langs die vleuel afgestorm het.[9][10]

Weens die ekonomiese en politieke omstandighede van die tyd, asook die destydse sportwetgewing, het Jairzinho die grootste deel van sy klubloopbaan in Suid-Amerika deurgebring, waar hy elf jaar lank vir die Rio de Janeiro-klub Botafogo gespeel het. In die laaste jare van sy loopbaan het hy ook in Europa vir Olympique de Marseille uitgedraf.

Hy het ook in Suid-Afrika gespeel: drie wedstryde vir Kaizer Chiefs in 1975, waarin hy sewe doele aangeteken het.[11]

Hy het die Brasiliaanse nasionale span by drie opeenvolgende Wêreldbekertoernooie verteenwoordig: 1966, 1970 en 1974. Hy het die toernooi in 1970 gewen en was terselfdertyd Brasilië se voorste doelskieter tydens die kompetisie.[12]

Verwysings

wysig
  1. "Jair Ventura Filho 'Jairzinho' – Goals in International Matches". RSSSF. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2022. Besoek op 6 Mei 2007.
  2. "Jair Ventura Filho". cruzeiropedia.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2021. Besoek op 18 November 2020.
  3. "jairzinho". docs.ufpr.br (in Portugees). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2018. Besoek op 18 November 2020.
  4. "Jairzinho – Legends of the Football World Cup". World-cup-betting-2006.com. 25 Desember 1944. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2009. Besoek op 15 Mei 2010.
  5. "The Hurricane that never blew out". FIFA.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 2 November 2015.
  6. Atkins, Christopher. "Pelé and the 20 greatest Brazilian footballers of all time". Bleacher Report (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2020. Besoek op 14 November 2020.
  7. Mackenzie, Alasdair (23 Maart 2024). "Ranked! The 10 best Brazilian players ever". FourFourTwo (in Engels). Besoek op 27 Maart 2024.
  8. Kenmare, Jack (14 Oktober 2020). "The 50 Greatest Brazil Players Have Been Named And Ranked". SPORTbible (in Engels). Besoek op 27 Maart 2024.
  9. "Jairzinho Reacts to Futbin Comments!". YouTube. 16 Desember 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Januarie 2023. Besoek op 6 Januarie 2023.
  10. "Jairzinho". sportskeeda (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2020. Besoek op 19 Julie 2020.
  11. "7 World Cup Winners Who Have Starred In SA's Top Flight". Soccer Laduma. 30 Oktober 2016. Besoek op 27 Maart 2024.
  12. "Jairzinho". worldfootball.net (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Augustus 2020. Besoek op 22 April 2020.