Isabel Perón
María Estela Martínez Cartas de Perón (gebore 4 Februarie 1931), beter bekend as Isabel Martínez de Perón of Isabel Perón, is 'n voormalige president van Argentinië. Sy was die derde vrou van die voormalige president, wyle Juan Perón.
| Isabel Perón | |
![]() | |
41ste President van Argentinië | |
| Ampstermyn 1 Julie 1974 – 24 Maart 1976 | |
| Voorafgegaan deur | Juan Perón |
|---|---|
| Opgevolg deur | Jorge Rafael Videla |
Leier van die Geregtigheidsparty | |
| Ampstermyn 1974 – 1975 | |
| Voorafgegaan deur | Juan Perón |
Adjunkpresident van Argentinië | |
| Ampstermyn 12 Oktober 1973 – 1 Julie 1974 | |
| President | Juan Perón |
| Voorafgegaan deur | Amp vakant; Vicente Solano Lima mees onlangse ampsbekleër |
| Opgevolg deur | Amp vakant; Víctor Martínez volgende ampsbekleër |
Eerste Dame van Argentinië | |
| Ampstermyn 12 Oktober 1973 – 1 Julie 1974 | |
| President | Juan Perón |
Persoonlike besonderhede | |
| Gebore | 4 Februarie 1931 La Rioja, Argentinië |
| Politieke party | Geregtigheidsparty |
| Eggenoot/-note | Juan Perón (1961–1974) |
| Handtekening | |
Gedurende haar man se derde termyn as president van 1973 tot 1974, het Isabel as beide vise-president en die eerste dame van Argentinië gedien. Nadat haar man in 1974 in die amp oorlede is, was Isabel van 1 Julie 1974 tot 24 Maart 1976 die president gewees.
Sy is op 12 Januarie 2007 in verband met die verdwyning van 'n aktivis in Februarie 1976; naby haar huis in Spanje in hegtenis geneem.[1]
Verwysings
wysig- ↑ "Isabel Peron's arrest signals shift in Argentina". Los Angeles Times. 13 Januarie 2007.
Eksterne skakels
wysig
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Isabel Perón.- (en) Eerste vroulike president vir Argentinië
