Hulu is 'n Amerikaanse intekening-gebaseerde stroomdiens wat deur The Walt Disney Company besit word. Dit is op 29 Oktober 2007 gestig as 'n gesamentlike onderneming tussen NBCUniverse, News Corporation en later Disney, met die doel om TV-episodes aanlyn beskikbaar te stel. Die diens het op 12 Maart 2008 vir die publiek oopgestel.

Hulu bied 'n biblioteek van films en TV-reekse van netwerke soos ABC (VSA), FX, Freeform asook "Hulu Orginials". Sedert 2017 bied dit ook "Hulu + Live TV" aan, 'n Internet-televisie-pakket met "live" kanale.