Franse Gemeenskap van België
Die Franse Gemeenskap (Frans: Communauté française, Nederlands: Franse Gemeenschap, Duits: Französische Gemeinschaft) is een van die drie gemeenskappe in die federale staatsstruktuur van België. Daar word soms ook na verwys as die Franse Gemeenskap van België (Frans: Communauté française de Belgique), veral in kontakte met die buiteland. Beide die raad en die regering van die Franse Gemeenskap is gesetel in die federale hoofstad, Brussel.
| Franse Gemeenskap Communauté française (fr) Franse Gemeenschap (nl) Französische Gemeinschaft (de) | |
|---|---|
| Algemene inligting | |
| Land: | |
| Amptelike tale: | Frans |
| Hoofstad: | Brussel |
| Oppervlakte: | 16 210 km² |
| ISO 3166-2: | |
| Amptelike webwerf: | www.federation-wallonie-bruxelles.be |
| Bevolking | |
| Bevolking (totaal): | 4 606 289 (1 Januarie 2023) |
| Bevolkingsdigtheid: | 284/km² |
| Instellings | |
| Gestig op: | 30 Januarie 1984 |
| Regeringsvorm: | Parlementêre demokrasie |
| Eerste Minister: | Élisabeth Degryse (LE) |
| Vakansie: | 27 September |
| Ligging | |
| Vlaamse Gewes Waalse Gewes Brusselse Hoofstedelike Gewes | |
| Vlaamse Gemeenskap Franse Gemeenskap Duitstalige Gemeenskap | |
Sedert 25 Mei 2011 is die naam Fédération Wallonie-Bruxelles.
Eksterne skakels
wysig- Communauté française de Belgique Amptelike webtuiste van die Franse Gemeenskap van België
