Ellesmere-eiland

Ellesmere-eiland (Engels: Ellesmere Island, Inuktitut: Umingmak Nuna), die wêreld se tiende grootste eiland en die derde grootste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel, beslaan 'n oppervlakte van 196 235 km². Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebied Nunavut. Ellesmere-eiland grens in die noordooste aan die Lincolnsee, in die ooste aan die Nares-straat en in die suidooste aan die Baffinbaai; in die ooste is Groenland, in die suide Devon-eiland en in die weste Axel-Heiberg-eiland geleë. Op die eiland is Kanada se noordelikste punt, Kaap Columbia, en die noordelikste nedersetting ter wêreld, Alert, geleë. Ellesmere-eiland is die noordelikste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel en genoem na die Britse politikus en skrywer Francis Egerton, die eerste graaf van Ellesmere.

Ellesmere-eiland
Inheemse naam: Ellesmere Island
Umingmak Nuna
Nasa-Satellietbeeld van die Ellesmere-eiland
Nasa-Satellietbeeld van die Ellesmere-eiland
Geografie
LiggingNoord-Kanada, Arktiese Oseaan
Koördinate79°50′N 80°00′W / 79.833°N 80.000°W / 79.833; -80.000
ArgipelKoningin-Elizabeth-eilande (Kanadese Arktiese Argipel)
Oppervlakte196 235 vk km
Hoogste puntBarbeau Peak 2 616 m
Administrasie
Vlag van Kanada Kanada
Gebied Nunavut
Grootste stadGrise Fiord (141)
Demografie
Bevolking146
BevolkingsgroepeInuïete
Die wêreld se tiende grootste eiland en die derde grootste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel
Ligging van die Ellesmere-eiland
Osborn-berge op Ellesmere-eiland

Eksterne skakels

wysig
  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ellesmere-eiland.
  • (en) "Ellesmere Island". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Mei 2020.
  • (en) "Ellesmere Island". The Canadian Encyclopedia. Besoek op 10 Mei 2020.