Dale Willem Steyn (* 27 Junie 1983 te Phalaborwa ) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler wie toets- en EDI- en T20I-krieket vir die Proteas gespeel het. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2011 , 2015 en 2019 , die T20I-wêreldbekertoernooie in 2009 , 2010 , 2012 , 2014 en 2016 , asook die Kampioenetrofeë in 2009 en 2013 vir Suid-Afrika gespeel.
Dale Steyn
Dale Steyn in 2009
Volle naam
Dale Willem Steyn
Gebore
27 Junie 1983 (1983-06-27 ) (42 jaar oud) Phalaborwa , Suid-Afrika
Bynaam(e)
Steyn Remover, Phalaborwa Express
Lengte
1,79 m
Kolfstyl
Regshandig
Boulstyl
Regterarm vinnig
Rol
Aanvangsbouler
Internasionale geskiedenis
Nasionale span
Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 297 )
17 Desember 2004 v Engeland
Laaste Toets
21 Februarie 2019 v Sri Lanka
Toetshempno.
82
EDI debuut (no 82 )
17 Augustus 2005 v Asië XI
Laaste EDI
13 Maart 2019 v Sri Lanka
EDI hempno.
8
T20I debuut (no 31 )
23 November 2007 v Nieu-Seeland
Laaste T20I
21 Februarie 2020 v Australië
T20I hempno.
8
Eersterangse spaninligting
Jaar(e)
Span
2003–2004
Noordelikes
2004/05–2009/10, 2017/18–2018/19
Titane
2005
Essex
2007
Warwickshire
2008–2010; 2019–2020
Royal Challengers Bangalore
2011–2012
Deccan Chargers
2011/12–2014/15
Kaapse Kobras
2013–2015
Sunrisers Hyderabad
2016
Gujarat Lions
2018–hede
Cape Town Blitz
Loopbaanstatistiek
Kompetisie
Toets
EDI
T20I
1ste rang
A-lys
Wedstryde
93
125
47
141
180
Lopies aangeteken
1 251
365
21
1 824
419
Kolfgemiddeld
13.59
9.35
3.50
13.71
8.72
100s/50s
0/2
0/1
0/0
0/4
0/1
Hoogste telling
76
60
5
82
60
Aflewerings geboul
18 608
6 256
1 015
27 183
8 844
Paaltjies
439
196
64
618
284
Boulgemiddeld
22.95
25.95
18.35
23.57
24.61
5 paaltjies in 'n kolfbeurt
26
3
0
35
6
10 paaltjies in 'n wedstryd
5
0
0
7
0
Beste boulontleding
7/51
6/39
4/9
8/41
6/39
Vangskote/Stonkings
26/–
28/–
12/–
33/–
33/–
Bron: ESPNcricinfo , 31 Augustus 2021
Steyn het die posisie as die voorste Toetsbouler ter wêreld beklee. Hy bereik die 900+ punte kerf op 13 November 2011[ 1] [ 2] nadat hy sy aanvanklike werk met snelboul-deskundige Ian Pont gedoen het.[ 3] Hy is 'n regterarm snelbouler wat boul teen 'n gemiddelde spoed van 145–150 km/h. Sy vinnigste bal waargeneem was teen 156.2 km/h tydens die 2010 Indiese Premierliga , vir Bangalore Royal Challengers teen Kolkata Knight Riders. Hy hou ook die rekord vir die vinnigste Suid-Afrikaner om 100 paaltjies in Toetskrieket te neem, hy behaal hierdie mylpaal op 2 Maart 2008.[ 4]
Steyn beskik tans oor die beste boulslaagsyfer van alle tye in Toetskrieket (onder boulers wie ten minste 10 000 aflewerings geboul het).[ 5] In die 2007/08 seisoen neem Steyn 78 paaltjies teen 'n gemiddeld van 16.24 balle per paaltjie,[ 6] en word beloon met die prestige "IKR 2008 Toetsspeler van die Jaar" toekenning.[ 7] Hy word benoem as een van Wisden se "Krieketspelers van die Jaar" in 2013.[ 8]
Steyn het sy tuiskrieket in Suid-Afrika vir die Kaapse Kobras gespeel. Op 5 Augustus 2019 het Steyn sy uittrede uit toetskrieket aangekondig,[ 9] en op 31 Augustus 2021 sy uittrede uit alle krieket.[ 10]
Vyf paaltjies per toetsbeurt geneem
wysig
Vyf paaltjies per beurt
Nommer Syfers Wedstryd Teen Stad/Land Veld Seisoen
1 5/47 4 Sri Lanka Centurion, Gauteng SuperSport-park 2005/06
2 5/82 8 Sri Lanka Colombo , Sri Lanka P Saravanamuttu stadion 2006
3 5/56 12 Pakistan Karatsji , Pakistan Nasionale stadion, Karatsji 2006/07
4 5/34 14 Nieu-Seeland Johannesburg , Suid-AfrikaWanderersstadion 2007/08
5 5/59 14 Nieu-Seeland Johannesburg, Suid-Afrika Wanderersstadion 2007/08
6 6/49 15 Nieu-Seeland Centurion, Suid-Afrika SuperSport-park 2007/08
7 6/72 18 Wes-Indië Durban , Suid-AfrikaSahara Kingsmead 2007/08
8 5/23 22 Indië Ahmedabad , IndiëSardar Patel-stadion 2007/08
9 5/63 25 Bangladesj Bloemfontein , Suid-AfrikaOUTsurance-ovaal 2008/09
10 5/87 28 Australië Melbourne , Australië Melbourne-krieketveld 2008/09
11 5/67 28 Australië Melbourne, Australië Melbourne-krieketveld 2008/09
12 5/51 35 Engeland Johannesburg, Suid-Afrika Wanderersstadion 2009/10
13 7/51 37 Indië Nagpur , IndiëVidarbha Cricket Association Stadion 2009/10
14 5/29 38 Wes-Indië Port of Spain , Wes-Indië Queen's Park Oval 2010
15 6/50 45 Indië Durban, Suid-Afrika Kingsmead 2010/11
16 5/75 46 Indië Kaapstad , Suid-AfrikaSaharapark Nuweland 2010/11
17 5/56 55 Engeland Londen , Engeland The Oval 2012
18 6/8 63 Pakistan Johannesburg, Suid-Afrika Wanderersstadion 2013
19 5/52 63 Pakistan Johannesburg, Suid-Afrika Wanderersstadion 2013
Tien paaltjies per toetswedstryd geneem
wysig
"Toetsspeler van die wedstryd"-toekennings
wysig
Dale Steyn op Adelaide-ovaal, 2009
Dale Steyn op Adelaide-ovaal, 2009
"Toetsspeler van die reeks"-toekennings
wysig
"Toetsspeler van die reeks"-toekennings
Nommer wedstryde Paaltjies en boulsyfers in reeks Lopies en Kolfsyfers in reeks Teen Land Seisoen
1 2 20 paaltjies teen 9.20 38 lopies teen 19.00 Nieu-Seeland Suid-Afrika 2007/08
2 3 20 paaltjies teen 19.10 59 lopies teen 29.50 Wes-Indië Suid-Afrika 2007/08
3 2 14 paaltjies teen 12.57 7 lopies teen 7.00 Bangladesj Bangladesj 2007/08
Wikimedia Commons bevat media in verband met Dale Steyn .