Cardiff Arms Park

Cardiff Arms Park (Wallies: Parc yr Arfau Caerdydd), ook bekend as Die Arms Park en BT Sport Cardiff Arms Park, is ’n veeldoelige stadion in Cardiff, Wallis. Die stadion is in 1969 geopen en is hoofsaaklik bekend as ’n rugbystadion hoewel daar ook ’n rolbalbaan is. Die Arms Park was in 1958 gasheer vir die Britse Ryk en Statebondspele en is ook tydens beide die Vrouerugbywêreldbeker 1991 en die Rugbywêreldbeker 1991 gebruik. Die Arms Park was ook gasheer vir die inwydings-Heinekenbekereindstryd van 1995–’96 en ook vir die volgende jaar se eindstryd.

Cardiff Arms Park
Parc yr Arfau Caerdydd
Cardiff Arms Park met die Millennium-stadion op die agtergrond

Ligging Cardiff, Wallis
Koördinate 51°28′47″N 3°11′1″W / 51.47972°N 3.18361°W / 51.47972; -3.18361
Eienaar Cardiff Atletiekklub
Kapasiteit 16 500 (1969)[1]
12 125 (vandag)[2]
Oppervlak Kunsmatige sooi
Konstruksie
Eerste sooi gespit 1967
Geopen 1969
Argitek Osborne V. Webb & Vennote
Hoofkontrakteurs G.A. Williamson en Andrew Scott & Co.
Huurders
Cardiff Blues (2003–2009), (2012-)
Cardiff RVK (1969-)
Walliese nasionale vrouerugbyspan
Die ou Arms Park is in 1998 verwyder om plek te maak vir die nuwe Millennium-stadion

Die geskiedenis van die rugbyveld begin met die eerste terrasse wat in 1881–1882 vir toeskouers opgerig is.[3] Die Arms Park het oorspronklik ’n krieketovaal ten noorde en ’n rugbyveld ten suide gehad. Teen 1969 is die krieketovaal gesloop om plek te maak vir die hedendagse rugbyveld ten noorde en ’n tweede rugbyveld ten suide wat as die Nasionale Stadion bekend staan. Die Nasionale Stadion, wat deur die Walliese nasionale rugbyspan gebruik is, is op 7 April 1984 amptelik geopen, maar dit is in 1997 gesloop om plek te maak vir die Millennium-stadion wat gereed moes wees vir die Rugbywêreldbeker 1999, en dit het ook die nasionale stadion van Wallis geword. Die rugbyveld het die tuisveld van die semi-professionele Cardiff RVK gebly maar die professionele Cardiff Blues het in 2009 na Cardiff Stad-stadion geskuif waar hulle vir drie jaar vertoef het voor hulle teruggeskuif het na Cardiff Arms Park.

Die terrein word deur Cardiff Atletiekklub besit en het buiten rugby en krieket ook atletiek, voetbal, windhondwedrenne, tennis,[4] Britse bofbal en boks gehuisves. Die terrein het ook ’n rolbalbaan ten noorde van die rugbyveld wat deur Cardiff Atletiek Rolbalklub gebruik word.[5] Die Nasionale Stadion het ook verskeie musiekkonserte van kunstenaars soos Michael Jackson, David Bowie, Bon Jovi, The Rolling Stones en U2 gehuisves.

Rugby

wysig

Slegs die rugbyveld en die Cardiff Atletiek Rolbalklub gebruik die naam Cardiff Arms Park. Die rugbyveld het twee hoofpawiljoene, die Noord- en Suidpawiljoen. Albei het terrasse onder die sitplekke.[6] Die ander pawiljoene is die Westgatestraat- (tans bekend as die Coastal Cottages Gesinspawiljoen),[6] wat rye stoele onder die eksklusiewe losies asook die klubwinkel huisves, en die Taffriviereinde (die Barry Nelmes-suite, vernoem na Barry Nelmes, voormalige kaptein van Cardiff RVK),[6][7] wat 26 eksklusiewe losies huisves.[8] Die rugbyveld het twee hoofingange, die suidingang en die Gwyn Nicholls Gedenkhek (Angel Hotel-ingang) wat op 26 Desember 1949 onthul is ter ere van die Walliese internasionale rugbyspeler Gwyn Nicholls.[9] Die Cardiff Atletiek-klubhuis is geleë in die hoek van veld, tussen die Suidpawiljoen en die Westgatestraateinde.

Wedstryde

wysig

Vrouerugbywêreldbeker 1991

wysig
Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte
11 April 1991Vlag van Kanada Kanada38–0Vlag van Sowjetunie SowjetuniePlaat-kwarteindrondte
11 April 1991Vlag van Italië Italië18–0Vlag van Swede SwedePlaat-kwarteindrondte
11 April 1991Vlag van Wallis Wallis3–6Vlag van Nederland NederlandPlaat-kwarteindrondte
11 April 1991Vlag van Japan Japan0–30Vlag van Spanje SpanjePlaat-kwarteindrondte
12 April 1991Vlag van Kanada Kanada6–0Vlag van Italië ItaliëPlaat-halfeindrondte
12 April 1991Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland0–7Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateBeker-halfeindrondte
12 April 1991Vlag van Engeland Engeland13–0Vlag van Frankryk FrankrykBeker-halfeindrondte
12 April 1991Vlag van Nederland Nederland0–8Vlag van Spanje SpanjePlaat-halfeindrondte
13 April 1991Vlag van Kanada Kanada19–4Vlag van Spanje SpanjePlaat-eindstryd
14 April 1991Vlag van Engeland Engeland6–19Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateBeker-eindstryd

Rugbywêreldbeker 1991

wysig
Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
6 Oktober 1991Vlag van Wallis Wallis13–16Vlag van Samoa SamoaGroep 345 000
9 Oktober 1991Vlag van Wallis Wallis16–7Vlag van Argentinië ArgentiniëGroep 335 000
12 Oktober 1991Vlag van Wallis Wallis3–38Vlag van Australië AustraliëGroep 354 000
30 Oktober 1991Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland13–6Vlag van Skotland SkotlandHalfeindstryde47 000

Rugbyliga-toetswedstryde

wysig
Datum Span 1 Telling Span 2 Toernooi Toeskouers
26 Junie 1996Vlag van Engeland Engeland26–12Vlag van Wallis WallisEuropese Rugbyliga-kampioenskap 19965 425
30 Oktober 2015Vlag van Wallis Wallis14–6Vlag van Frankryk FrankrykEuropese Beker 20151 028

Verwysings

wysig
  1. (en) Thomas, Simon (22 Junie 2007). "Time Blues quit Arms Park?". icWales. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2008. Besoek op 1 April 2011.
  2. (en) "Cardiff Blues ready to install temporary stands at Arms Park for Amlin Challenge Cup final as Bath and Northampton fans protest about venue". Wales Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 25 Mei 2014.
  3. (en) Red Dragon (1912). Reminiscences of the Cardiff Rugby Football Club, "Opening ceremony of the new stands, Cardiff Arms Park", 5 Oktober 1912. Cardiff Rugbyvoetbalklub.
  4. (en) "Naoorlogse ontwikkeling in Sophiatuine". Glamorgan County Krieketklub & Krieketargief. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2012. Besoek op 17 Maart 2008.
  5. (en) "Ou stryde herleef oor plan vir gedeelde grond". WalesOnline. 25 Oktober 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 25 Mei 2013.
  6. 1 2 3 (en) "Sitplan". Cardiff Blues. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2019. Besoek op 2 Februarie 2016.
  7. (en) "Amptelike openingseremonie van "Barry Nelmes"-gestremde suite by Cardiff Arms Park". Cardiff Blues. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2016. Besoek op 2 Februarie 2016.
  8. (en) "Cardiff Blues, Cardiff Arms Park". T.S. Rigby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2012. Besoek op 24 Mei 2008.
  9. (en) "Dinamiese Walliese duo gaan in die Internasionale Heldesaal ingewy word". Scrum.com. Besoek op 25 Mei 2008.

Eksterne skakels

wysig