Broken Hill
- Hierdie artikel handel oor die myndorp in Australië. Vir die voormalige Zambiese myndorp, sien gerus Kabwe.
Broken Hill is 'n myndorp in Nieu-Suid-Wallis met 'n bevolking van net oor die 30 000. Dit is 920 km wes van Sydney geleë en 420 km van Adelaide, hoofstad van Suid-Australië. Dit staan as "Silver City" bekend en het van die rykste neerslae silwer, lood en sink ter wêreld.
Broken Hill | |
|---|---|
| Koördinate: 31°57′0″S 141°27′0″O / 31.95000°S 141.45000°O | |
| Staat | |
| Deelstaat | |
| Stigting | 1844 |
| Hoogte | 315 m (1 033 ft) |
| Bevolking | |
| • Totaal | 18 854 |
| Tydsone | UTC+9:30 (ACST) |
| • Somertyd | UTC+10:30 (ACDT) |
| Webwerf | visitbrokenhill.com.au |
Die destydse Broken Hill in Zambië is na dié dorp genoem, maar die naam is ná onafhanklikheid in 1965 verander na Kabwe.