Bodø
Bodø (uitgespreek [ˈbûːdøː]; Noord-Samies: Bådåddjo) is ’n dorp in die Bodø-munisipaliteit in die provinsie Nordland, Noorweë. Die dorp is die administratiewe sentrum van sowel die Bodø-munisipaliteit as die provinsie Nordland. Dit is geleë op die Bodø-skiereiland tussen die Vestfjorden en die Saltfjorden. Bodø lê net noord van die Arktiese Sirkel. Dit is die grootste stedelike gebied en dorp in Nordland en die tweede grootste dorp in Noord-Noorweë.
| Kaart van Nordland | Wapen |
| Ligging in Nordland | |
![]() | |
| Land | |
| Provinsie (Fylke) | |
| Koördinate | 67°16′58″N 14°22′30″O / 67.2827°N 14.3751°O |
| Stigting | 1816 |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 14,91 vk km |
| Hoogte bo seevlak | 4 m |
| Bevolking: | |
| - Totaal (2023) | 42 831 |
| - Bevolkingsdigtheid | 2 873/vk km |
| Tydsone | UTC +1 (MET) |
Die dorp beslaan ’n oppervlakte van 14,91 vierkante kilometer (3 680 akker) en het in 2023 ’n bevolking van 42 831 inwoners, met ’n bevolkingsdigtheid van 2 873 inwoners per vierkante kilometer (7 440 per vierkante myl).
Een van Noorweë se suksesvolste sokkerklubs, FK Bodø/Glimt, is in die dorp gesetel.


