Arnoewanda II
Arnoewanda II was omstreeks 1322-'21 v.C. koning van die Hetitiese Ryk.[1]
| Arnoewanda II | |
|---|---|
| Bewind | c. 1322-'21 v.C. |
| Voorganger | Soeppiloelioema I |
| Opvolger | Moersili II |
| Vader | Soeppiloelioema I |
| Moeder | Henti Malnigal |
Sy bewind was 'n kort tussentydperk tussen die bewind van sy vader, Soeppiloelioema I, en jonger broer Moersili II.[2]
Vroeë lewe
wysigArnoewanda was die oudste oorlewende seun van koning Soeppiloelioema I en sy vrou, Henti.[3] Sy was blykbaar die dogter van Toedhalija III en die kleindogter van Arnoewanda I.[4]
Sy vader het hom tot kroonprins verklaar en hy is tydens verskeie geleenthede gedurende Soeppiloelioema se bewind so genoem. Sy afwesigheid uit die rekords van die vroegste geleenthede van sy vader se bewind dui aan hy was toe nog te jonk om daaraan deel te neem. Hy, sy vader, sy moeder en sy oom Zida word genoem as teenwoordiges toe sy jonger broer Telipinoe as priester (en goewerneur) van Kizzoewatna ingehuldig is.[5]
Ná die moord van nog 'n jonger broer, Zannanza, op pad na Egipte om met Toetankamen se weduwee, koningin Anchesenamen, te trou en koning van Egipte te word, het Soeppiloelioema vir Arnoewanda gestuur om Egiptiese besittings in Suid-Sirië te plunder.[6] Arnoewanda het sukses behaal, maar van die gevangenes wat hy teruggebring het, het pes gehad, en dit sou vir minstens twee dekades groot verwoesting onder die Hetiete saai, volgens die "pesgebede" van Arnoewanda se broer en opvolger, Moersili II.[7]
Bewind
wysigDit lyk of Arnoewanda sy vader in 1322 v.C. opgevolg het nadat hy lank die regmatige erfgenaam was.[8] Omdat sy stiefma, die Babiloniese Tawananna, nog gelewe het, het sy die posisie van hoofkoningin deur sy hele bewind beklee, tot in die bewind van sy opvolger.[9]
Toe Arnoewanda eers koning was, was hy verplig om aandag aan die Kaskiese bedreiging aan die noordelike grens te gee. Dit het Soeppiloelioema in sy laaste jare besig gehou. Arnoewanda was blykbaar reeds siek en wou die opdrag aan sy pa se veteraanaanvoerder, Hannoetti, gee. Dié is egter dood kort nadat hy die koning ontmoet het.[10]
Die meeste geleerdes lei van die kontemporêre berigte van pes en Arnoewanda se voortydige dood af dat Soeppiloelioema en Arnoewanda albei die siekte opgedoen en daaraan dood is.[11] Dit is onbekend of Arnoewanda enige kinders gehad het, maar hy is opgevolg deur sy broer Moersili II.[12]
In fiksie
wysig- Janet Morris het 'n gedetailleerde biografiese roman, I, the Sun, geskryf waarin die onderwerp Soeppiloelioema I was. Arnoewanda II (as Arnuwanda II) is 'n belangrike figuur in die roman, waarin al die karakters uit die geskiedenis kom. Dr. Jerry Pournelle het dit 'n "meesterstuk van historiese fiksie" genoem en O.M. Gurney, 'n Hetitiese kenner en skrywer van The Hittites,[13] het gesê die skrywer "is vertroud met elke aspek van die Hetitiese kultuur".[14]
- Hy is ook 'n karakter in Chie Shinohara se historiese mangaverhaal Red River, of Anatolia Story. Hy stel Yuri se kêrel, sy halfbroer Moersili, as sy opvolger aan. Hy word later in obskure omstandighede vermoor en Yuri word van sy moord beskuldig.
- Arnoewanda II verskyn ook in die historiese roman Amarna Book I: Book of Ida deur Grea Alexander. Daarin kom hy te staan teen sy broer, Moersili II, wat koningin Anchesenamen se afgesant, Idaten, beskerm ná die moord op hulle broer, prins Zannanza. Dit is die eerste boek in 'n trilogie.
Verwysings
wysig- ↑ Bryce 2005: xv; Freu 2008: 17 dates the reign to c. 1319–c. 1318 BC; Kuhrt 1995: 230 dates it to the range c. 1330–c. 1321 BC.
- ↑ Kuhrt, Amélie (2020). The Ancient Near East: c.3000–330 BC, Volume One (in Engels). Routledge. p. 230. ISBN 978-1-136-75548-4.
- ↑ Bryce 2005: 160; Freu 2007b: 200.
- ↑ Freu 2007b: 199-201; Stavi 2011: 228-230, 236; Taracha 2016: 492-493; Bilgin 2018: 26 n. 72.
- ↑ Bryce 2005: 160; Freu 2008: 17-18.
- ↑ Güterbock 1956: 111.
- ↑ Beckman 1997: 158; Bryce 2005: 183; Freu 2007b: 278-279.
- ↑ Klengel 1999: 169; Bryce 2005: 190; Freu 2008: 18.
- ↑ Bryce 2005: 207-210; Freu 2008: 19; Weeden 2022: 582.
- ↑ Klengel 1999: 169; Bryce 2005: 190-191; Freu 2008: 18-19.
- ↑ Kuhrt 1995: 254; Klengel 1999: 169-170; Bryce 2005: 188, 191; Freu 2008: 19.
- ↑ Freu 2008: 19 mentions a Tulpi-Šarruma as a son of (this?) Arnuwanda.
- ↑ The Hittites, O.M. Gurney, Penguin, 1952
- ↑ I, the Sun, Janet Morris, Dell, 1983
Bibliografie
wysig- Beckman, Gary (1996), Hittite Diplomatic Texts, Atlanta.
- Beckman, Gary (1997), "Plague Prayers of Muršili II (I.60)," in William H. Hallo and K. Lawson Younger Jr., reds., The Context of Scripture, vol. 1, Leiden.
- Bilgin, Tayfun (2018), Official and Administration in the Hittite World, Berlyn.
- Bryce, Trevor (2005), The Kingdom of the Hittites, Oxford.
- Freu, Jacques, and Michel Mazoyer (2007b), Les débuts du nouvel empire hittite, Paris.
- Freu, Jacques, and Michel Mazoyer (2008), L'apogée du nouvel empire hittite, Parys.
- Güterbock, Hans G. (1956), "The Deeds of Suppiluliuma as Told by His Son, Mursili II," Journal of Cuneiform Studies 10 (1956) 107-130.
- Klengel, Horst (1999), Geschichte des Hethitischen Reiches, Leiden.
- Kuhrt, Amélie (1995), The Ancient Near East c. 3000–330 BC, vol. 1., Londen.
- Stavi, Boaz (2011), "The Genealogy of Suppiluliuma I," Altorientalische Forschungen 38 (2011) 226–239. aanlyn
- Taracha, Piotr (2016), "Tudhaliya III's Queens, Šuppiluliuma's Accession and Related Issues," in Sedat Erkut and Özlem Sir Gavaz (reds.), Studies in Honour of Ahmet Ünal Armağanı, Istanbul: 489–498. online
- Weeden, Mark (2022), "The Hittite Empire," in Karen Radner et al. (reds.), The Oxford History of the Ancient Near East, vol. 3 (From the Hyksos to the Late Second Millennium BC), Oxford: 529-622.
Skakels
wysig
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.