7 Prisoners
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
7 Prisoners (Portugees: 7 Prisioneiros) is 'n Brasiliaanse dramarolprent van 2021 wat deur Alexandre Moratto geregisseer is. Die draaiboek is deur Moratto en Thayná Mantesso geskryf. Die twee hoofkarakters word vertolk deur Christian Malheiros en Rodrigo Santoro. Ná die prent se première op die Venesiese Rolprentfees op 6 September 2021, is dit in November 2021 op Netflix uitgereik.
| 7 Prisoners (7 Prisioneiros) | |
|---|---|
| [[Beeld: Christian Malheiros Rodrigo Santoro | |
| Regisseur | Alexandre Moratto |
| Vervaardiger |
|
| Draaiboek |
|
| Met |
|
| Ateljee | O2 Filmes |
| Verspreider | Netflix |
| Uitgereik | 2021 |
| Speeltyd | 90 minute |
| Land | Brasilië |
| Taal | Portugees, oorgeklank in Engels |
Storielyn
wysigDie 18-jarige Mateus verlaat die platteland op soek na 'n werkgeleentheid op 'n rommelwerf in São Paulo. Toe hy en 'n paar ander seuns eers daar is, word hulle die slagoffers van 'n werkstelstel analoog aan moderne slawerny. Dit word deur Luca bestuur, en hy dwing Mateus om die moeilike besluit te neem of hy vir die man wil werk wat hom tot 'n slaaf gemaak het en of hy sy familie in gevaar wil stel as hy nie saamwerk nie.
Hoofakteurs
wysig- Christian Malheiros as Mateus
- Rodrigo Santoro as Luca
- Bruno Rocha
- Vitor Julian as Ezequiel
- Lucas Oranmian as Isaque
- Dirce Thomaz
Uitreiking
wysigOntvangs
wysigOp Rotten Tomatoes het 98% van 45 resensente die prent 'n positiewe resensie gegee, met 'n gemiddelde punt van 7,5 uit 10.
In 2021 het 7 Prisonors die NAACP Image Award gewen. Dit word deur die Amerikaans gebaseerde National Association for the Advancement of Colored People gegee vir uitsonderlike prestasies in rolprente, televisie, teater, musiek en letterkunde. Dit is ook vir nog 26 pryse benoem, waarvan dit vier gewen het (onder meer vir beste manlike byspeler vir Rodrigo Santoro, beste buitelandse prent en beste redigering).
Verwysings
wysig- ↑ "'7 Prisoners', New Netflix Film, Makes Its World Premiere at the 78th Venice Film Festival". Persberig. July 26, 2021. https://about.netflix.com/en/news/7-prisoners-new-netflix-film-makes-its-world-premiere-at-the-78th-venice. Besoek op July 27, 2021.
- ↑ "7 Prisioneiros". 78th Venice International Film Festival. 15 Julie 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2021. Besoek op 27 Julie 2021.
- ↑ D'Alessandro, Anthony (4 Augustus 2021). "TIFF Unveils Docs, Midnight Madness & Wavelengths Lineup With Palme d'Or Winner 'Titane', Liz Garbus' 'Becoming Cousteau' & More". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2021. Besoek op 9 Augustus 2021.
- ↑ Fleming, Mike Jr (12 Januarie 2021). "Netflix Unveils A 2021 Film Slate With Bigger Volume & Star Wattage; Scott Stuber On The Escalating Film Ambition". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2021. Besoek op 27 Julie 2021.
Skakels
wysig
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.